Local newsNews

Posmeester het ‘n groot voorliefde vir Afrikaans

Robert Motau, Burgersfort se posmeester, is nie net gaande oor sy werk nie, maar het ook 'n voorliefde vir Afrikaans

BURGERSFORT – Robert Motau, die plaaslike posmeester, is nie net gaande oor sy werk nie, maar het ook ‘n voorliefde vir Afrikaans.

Motau het reeds in sy kinderjare in Groblersdal reeds geleer om Afrikaans te praat en het sedertdien nog nooit opgehou om in dié taal te kommunikeer nie.

“My ma was destyds ‘n huishulp vir ‘n Afrikaanssprekende familie. Ek het skoolvakansies in hulle tuin vir ekstra sakgeld gewerk en het toe begin Afrikaans leer praat. Ek het ook op die plase rondom Groblersdal gewerk en daar in aanraking gekom met Afrikaanssprekende boere,” vertel Motau.

Op skool het hy Afrikaans en landboukunde geneem en het op hoërskool gedurig by sy vriende in Pretoria gaan kuier, waar hulle slegs Afrikaans gepraat het. Na sy skooljare het Motau sy voorliefde vir die taal nog verder gevoer toe hy ‘n diploma in kommunikasie deur Unisa verwerf het. Sy kursus was in Afrikaans aangebied.

In 1984 het hy Burgersfort toe verhuis waar hy by die poskantoor begin werk het en na 32 jaar is hy steeds daar. “Ek is mal oor my werk. Dis vir my ‘n daaglikse hoogtepunt om met verskeie kulturele kliënte te kan kommunikeer.

“In 2004 het ‘n kliënt vanaf Bloemfontein gereis om my te ontmoet nadat ons vir dae lank oor die telefoon gekommunikeer het. Hy kon nie glo dat ‘n swartman so goed en vlot Afrikaans kon praat nie. Hy moes dit vir homself kom beleef het,” voeg hy by.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button