Local newsNewsNewsSport

‘Tiny tot’ staan nie terug vir wêreld

Staan opsy spiertiere, want Tanya du Preez van Lydenburg sal vir jou ore aansit as dit kom by volharde liggaamsbou-oefeninge.

Staan opsy spiertiere, want Tanya du Preez van Lydenburg sal vir jou ore aansit as dit kom by volharde liggaamsbou-oefeninge.

Du Preez het onlangs aan die internasionaal-bekende Arnold Classic Africa deelgeneem, wat die naweek van 27 Mei by die Sandton Convention Centre in Johannesburg aangebied is.

Sy het stof in die oë van meer as 500 plaaslike en internasionale deelnemers tydens die amateurliggaams-boukompetisie geskop. Sy het ‘n negende plek behaal, wat ‘n besonderse prestasie is, as die groot aantal deelnemers van regoor die wêreld in ag geneem word.

“Ek het my droom geleef. Dié kompetisie was anders as al die ander, aangesien jy omring word deur teenstanders van regoor die wêreld. Jy weet nie waarvandaan hulle kom nie en jy weet ook nie wat hulle kan doen nie. Ek het soos ‘n tiny tot tussen die ander vroulike deelnemers gevoel. Hulle was gróót!”

Sy vertel dat sy dit besonder baie geniet het. “Ek is glad nie teleurgesteld oor my negende plek nie. Ek kan eintlik vir niemand verduidelik hoe dit was nie. Dit was ‘n wonderlike ervaring en in die vier jaar wat ek al aan kompetisies deelneem, was dié my beste. Ek het op my beste gelyk en het baie hard geoefen.

Du Preez het ongelukkig nie die geleentheid gehad om die wêreldberoemde Arnold Schwarzenegger te sien nie, maar dit het haar nogtans nie gekeer om haar droom te verwesenlik nie.

“Ons het die sterkmanwedstryd ook gaan kyk. Daai manne is groot. Die gewone liggaambouer lyk soos ‘n dwerg teenoor hulle.”

Sy meen dat as jy ‘n doelwit het, moet jy met alles in jou daarvoor gaan. “Dit gaan harde werk kos. Ek moes myself kort-kort knyp om net seker te maak ek droom nie. Toe ek van daardie verhoog afstap, het ek plat op my boude gaan sit en R700 se Lindt-sjokolade verorber wat my man vir my gekoop het! Dit was soos: ‘Yay, ek kan eet!'”

Du Preez kan ongelukkig nou vir ‘n jaar en ‘n half nie straf oefen of aan ander kompetisies deelneem nie, aangesien sy ‘n breuk opgedoen het en 7 Julie ‘n operasie moet ondergaan.

Sy is egter vasberade om in 2018 haar SA kleure te verwerf. “Vir al diegene wat my geborg het en in my geglo het, wil ek vreeslik baie dankie sê. Sonder hulle bystand sou ek nie kon gaan deelneem het nie. Tydens my Spur-aand, waar ek geld ingesamel het, het ek my presiese bedrag bymekaargemaak. Ek kon dit nie glo nie. Die gemeenskap was ongelooflik.”

Moet egter nie dink dat

Du Preez nou gaan slaplê vir

die volgende jaar en ‘n half

nie. “Ek sal altyd oefen. Dit is wie ek is.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button