Local newsNews

Trombose pasiënt wag drie ure by hospitaal, vrees dood

Diepaartrombose veroorsaak soms lewensgevaarlike komplikasies.

‘n Vrou met ‘n lewensgevaarlike toestand moes Sondagmiddag meer as twee uur lank wag voordat ‘n dokter haar sou ondersoek.

Me. Anjelien Schwirzer is met diepaartrombose (DAT) na Mediclinic Nelspruit se noodeenheid, waar haar toestand nie as baie dringend beskou is nie en sy gesien het hoe die een pasiënt na die ander voor haar behandel word.
DAT behels die vorming van ‘n bloedklont in ‘n diepliggende aar.

Simptome sluit in ‘n been wat dik opswel, seer is en warm word.

‘n Lewens-bedreigende komplikasie tree soms in as ‘n bloedklont loskom en na ander dele van die liggaam vervoer word.

Wanneer die bloedklont in die longe beland, word dit ‘n longembolisme genoem, aldus twee mediese webblaaie, Medscape en WebMD. Dokters van die Mayo-kliniek in die Verenigde State van Amerika erken ook hierdie definisie en risiko.

Volgens Schwirzer het sy al vantevore met DAT gesukkel. “Dokters het gesê dat ek kan sterf as dit weer gebeur. Ek wil nie doodgaan nie,” het sy Sondagmiddag aan Nelspruit Post gesê.

“Daarom het ek dadelik dokter toe gegaan toe die simptome manifesteer. ‘n Huisdokter het my hospitaal toe verwys.” In haar hand was skrywes van haar dokter. Hiervolgens het sy “herhalende DAT”.

Toe sy by Mediclinic Nelspruit aanmeld, is haar toestand egter volgens die triage-stelsel as minder ernstig geklassifiseer.

Mediclinic Nelspruit.

Me. Theresa Geldenhuys, eenheids-bestuurder van Mediclinic Cape Gate, het op die hospitaal se webblad verduidelik wat dit behels.

Hiervolgens word die pasiënte geprioritiseer op grond van die erns van hul simptome. Lewenstekens (soos asemhaling, bloeddruk en temperatuur) en die persoon se geskiedenis word onder andere in ag geneem.

“Die pasiënt word in een van vier groepe ingedeel: rooi, oranje, geel of groen,” het sy gesê. Groen verwys na mins ernstige situasies. “Pasiënte met lewensgevaarlike toestande moet dadelik na omgesien word,” het
dr. Theunis Potgieter gesê. Hy is die hoof van Mediclinic Stellenbosch se noodeenheid.

Me. Robyn Baard, woordvoerder vir Mediclinic Nelspruit, het gesê dat dit ‘n baie besige dag in die noodeenheid was.
“Daar was verskeie ambulanse met erg beseerde of siek pasiënte,” het sy gesê. Sy was egter op siekverlof en kon nie verder uitbrei nie.

Hospitaalpersoneel het bevestig dat Schwirzer se geval met haar aankoms as minder ernstig geklassifiseer is. “Die bevinding was, volgens hospitaal-personeel, in lyn was met internasionale standaarde,” het sy aan die koerant gesê.
Sy het bygevoeg dat sy goeie diens ontvang het toe sy uiteindelik opgeneem is.
Schwirzer is steeds in die hospitaal.

Klassifikasie volgens die triage-stelsel
Rooi: Noodsituasie. Die pasiënt word onmiddellik deur die dood of gestremdheid bedreig.
Oranje: Baie dringend. Die pasiënt is in ‘n ernstige toestand, maar kan ‘n paar minute wag.
Geel: Dringend. Die pasiënt is baie siek, maar kan tot en met 60 minute wag.
Groen: Minder dringend/roetine. Die pasiënt is in ‘n minder ernstige toestand en word as stabiel geklassifiseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button