Local newsNewsNews

5 Feite oor die Kruger se aasvoëls

Die Krugerwildtuin se aasvoëls is kwaai onder druk. Drie spesies is in die krities bedreigde kategorie.

SKUKUZA – “Ons het aasvoëls nodig en aasvoëls het ons nodig,” sê die bestuurder van die roofvoëlprogram van die Bedreigde Wildlewe Trust (EWT), dr. André Botha.

Botha se visie om aasvoëls te red is so skerp soos die van die geveerdes wat hy so graag bewaar en hy veg op vele fronte om hul te beskerm.

Hy waarsku dat onlangse vergiftigingsvoorvalle ‘n wesenlike impak gehad het op aasvoëlgetalle in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW).

Voël van die Jaar: Swartaasvoël. Foto: EWT

Vir hom is daar ernstige rede tot kommer. “Daar is net soveel meer insidente sedert 2015 waarin olifante vergiftig word deur stropers om te keer dat hulle wetstoepassers wys waar ‘n karkas lê.”

LEES MEER oor sulke voorvalle

Botha het in Julie 2016 ‘n suksesvolle gesprek met die Kukula Tradisionele Genesers Vereniging (die gemeenskappe deur hul bedien grens aan die NKW) gehad om hulle bewus te maak van die bedreiging wat die gebruik van vergiftigde aasvoëldele vir die mens inhou.

Hy is ook betrokke op ‘n globale vlak by die taakspan wat ‘n konsep aksieplan vir die beskerming van aasvoëls van Afrika, Europa en Asië saamstel.

SIEN hoe ‘n dapper jakkals aasvoëls van ‘n karkas probeer weghou

Witkopaasvoël . Foto: André Botha

Maar wat moet wildtuinliefhebbers oor die NKW se aasvoëls weet?

1. Die drie aasvoëlspesies in die NKW wat moontlik kan uitsterf en krities bedreigde status het, is witkop-, monnik- en witrugaasvoëls. Die swartkopaasvoël se status is bedreig.

2. ‘n NKW-sensus gedoen vanaf 2011 tot 2015 het gewys daar is minder as 900 broeipare witrugaasvoëls in die NKW.

3. Van beide witkop- en swartkopaasvoëls is daar minder as 50 broeipare in die NKW oor.

4. Aasvoëls het ‘n brandwagrol. Hulle waarsku veldwagters wanneer stropers ‘n karkas agterlaat. Stropers vergiftig dus karkasse sodat aasvoëls kan vrek en nie brandwagte kan wees nie.

5. Handel in voëlliggaamsdele vir muti neem ook sy tol. Muti-kopers glo aasvoëlbeendere maak hul heldersiende. Hulle koop dit om byvoorbeeld Lotto-nommers te bepaal en om ander gebeure in die toekoms te voorspel.

LEES hoe tradisionele genesers saamstaan om die verkoop van muti aan stropers te bekamp

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button