CrimeNews

Nagtelike aanvallers teiken egpaar

"Toe ek wakker word, staan die mans daar, gewapen met 'n panga, 'n pistool en 'n mes."

Die Steenberg-egpaar het verlede Sondagoggend ‘n skrikwekkende ondervinding gehad toe hulle wakker skrik met drie gewapende boosdoeners wat om hulle bed staan.

Kobus en sy vrou woon op die Brondalpad en omstreeks 04:00 het die verdagtes toegang tot hulle werf verkry deur ‘n gat onderdeur die elektriese heining te grawe. Nadat hulle by die huis inge-breek het, is hulle slaapkamer toe.

“Toe ek wakker word, staan die mans daar, gewapen met ‘n panga, ‘n pistool en ‘n mes,” sê Steenberg.

Hulle het geld en vuurwapens geëis, maar hy het aan hulle verduidelik dat hulle nie het nie. “Hulle het in Afrikaans gesê wat hulle aan my gaan doen as ek nie aan hulle eise voldoen nie.”

Toe hulle probeer om hom vas te bind, het Steenberg terugbaklei. “In die proses het hulle agtergekom dat my vrou, wat klein gebou is, bewegingloos onder die kombers wegruip. “Sy het ‘n selfoon in die hande gekry en probeer om hulp te ontbied, maar het daarop gaan sit voordat die verdagtes dit kon sien. Hoewel hulle haar met die pistool aangehou het, kan ek met ‘n dankbare hart sê dat hulle haar niks aangedoen het nie,” sê hy.

Die verdagtes was glo erg senuweeagtig en het kort-kort deur die venster gekyk om seker te maak dat niemand op pad was nie. Soos Steenberg terugbaklei het, het een van die verdagtes hom met die pistool bygedam. Die ander het hom met ‘n mes in sy arm gesteek, maar die beserings was gering.

Na verdere worsteling is hulle met ‘n spaarbussie met ongeveer R200 in, ‘n selfoon, ‘n modem en ‘n DStv-dekodeerder vort. Hulle het na die nabygeleë plantasies gevlug. J&M en die SAPD het kort daarna opgedaag. Twee stelle spore is gevolg wat daarop dui dat hulle in die rigting van Msholozi gevlug het, maar geen arrestasies is nog gemaak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button