Local newsNews

Inwoners van Mpumalanga ouetehuis bederf met lekkergoed, toiletware en tee

Die Nelspruit Care Buddies het Vrydag by die inwoners van Mpumalanga ouetehuis gaan inloer.

MBOMBELA – Vrydagmiddag is die Nelspruit Care Buddies se omgeekultuur weer eens duidelik toe hulle bederfpakkies by Mpumalanga Ouetehuis uitgedeel het.

Isabel Bergh, Sarie Erasmus, Katie Visagie (Care Buddy) en Elize Schelhase.

Elke inwoner het ‘n geskenkie ontvang waarin toiletware en lekkergoed was om die las op hulle pensioene te verlig. Die Care Buddies het die items Juliemaand by Crossing SUPERSPAR ingesamel waar die publiek donasies kon maak.

LEES OOK: Macadamia word bederf deur Care Buddies

Petra Swanepoel, Ann Rattray (Care Buddy), Jane Loots en Lilly O’Brien.

Die inwoners het ook ‘n heerlike teepartytjie saam met die Care Buddies en die personeel van die ouetehuis geniet.
Elize Schelhase, inwoner van die ouethuis, sê dat dit beslis ‘n groot bederf is. “Dis lieflik om te sien dat daar nog sulke goeie mense is wat vir ander omgee. Ons waardeer dit baie.”

Isabel Bergh, Sarie Erasmus, Katie Visagie (Care Buddy) en Elize Schelhase.

Die Care Buddies kuier elke Woensdag en Vrydag by die senior burgers van hierdie tehuis om te verseker dat hulle nie eensaam raak nie. Donderdag kom Macadamia Mataffin aan die beurt om die Care Buddies se bederfpakkies te ontvang.

LEES OOK: Special care for Herfsakker

Meisie Barnard en Petros Mgwenya.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button