Local newsLocal sportNewsSport
Kyk: Kaskarre en kaskenades hou Robbies op hul tone
Goeie spanwerk was nodig om die uitdaging te wen.

Die wiele het gesing en die sweet het gespat tydens Hoërskool Rob Ferreira se tradisionele kaskarwedrenne wat verlede Vrydag gehou is.
Goeie spanwerk en ‘n kar wat sy straf kon vat het die gr. 9.3-klas die junior wenners gemaak, terwyl gr. 10.3 se ywer hulle die senior afdeling laat inpalm het.
Maar bowenal was dit ‘n dag vol pret en plesier, waar beide leerlinge en onderwysers die energie van die sonskyn lenteweer kon geniet.
White River Post het ook gaan inloer en van die aksie in beeld vasgelê:
En nog:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!









