Local newsNews

Sewe kersies op die koek vir Charlene Els

Charlene Els, wat na geboorte met serebrale parese gediagnoseer is, het Dinsdag haar sewende verjaardag gevier.

MBOMBELA – “Ons is so opgewonde om hierdie dag saam met haar te vier. Ek dink nie aan die trauma van die geboorte nie, maar eerder aan die feit dat sy al sewe jaar vir ons gespaar is,” vertel haar ma, Bianca.

Pop Epoch het gesorg dat Charlene en al haar maatjies ballonne en versierings vir die partytjie sou hê terwyl Mev. Mpumalanga-finalis Elna Botha gesorg het dat sy opgetof is vir die geleentheid.

Charlene Els en Mrs Mpumalanga-finalis Elna Botha.

Sy ken vir Charlene al van geboorte af. “Ek en haar ouma werk al baie jare saam. Toe die komplikasies met haar geboorte bekendgemaak is, het ons almal saam gebid en nou dat ek ‘n finalis vir Mev. Mpumalanga is, het ek ‘n behoorlik platvorm om vir haar geld in te samel.”

LEES OOK: Mamma sal niks aan serebrale gestremde dogtertjie verander

Charlene en al haar dagsorgmaats, insluitend haar jonger sussies Chloe en Carli, het weggelê aan roomyskoek en lekkergoed en heerlik saam baljaar.

Die volgende fondsinsameling vir haar trustfonds, wat vir haar mediese onkostes en toerusting gebruik word, is 24 Oktober. Dit word in samewerking met die Mev. Mpumalanga-organisasie aangebied en die tema vir die aand is fliek Mamma Mia!

Voor: Chloe Els, Carin Boshoff, Charlene Els, (agter) Carli en Bianca Els.

Die funksie word by Bingelela Lodge gehou en die kaartjies kos R100 per persoon. Belangstellendes kan Botha by 072-640-6822 skakel.

LEES OOK: Oosterse aand te ere van Charlene

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button