Local newsNews

VIDEO: Sang, dans en grappe by Hersfakker se talenkompetisie

Die inwoners van SAVF Herfsakker- en Macadamia-ouetehuis het vandeesweek bewys dat die gesegde "oud maar nog nie koud nie" beslis die waarheid is.

MBOMBELA – Die inwoners van dié tehuise het Maandagoggend in Herfsakker se saal bymekaargekom om hulle eie talentkompetisie te hou. Met die hulp van die Care Buddies is ‘n program opgestel.

“Ons het besluit dat hulle ook bietjie ‘n kans gegun moet word om op te tree en hulself te geniet,”

het Care Buddy Judy Black vertel.

LEES OOK: Care Buddies gee terug aan meer as 500 mense

Die oggend is geopen met Wynand Pretorius wat die gehoor, wat uit inwoners van beide tehuise bestaan het, vermaak het met sy vernuf op die orrel en die elektriese kitaar.

Wynand Pretorius.

Daarna het Black en nog ‘n Care Buddy, Clive Nicholson, vir inwoner Becky Staude gehelp om haar droom op die verhoog uit te leef.

“Sy wou nog altyd op ‘Lekker Ou Jan’ dans, maar sy wou dit nie alleen doen nie, toe staan ons haar maar by,” het Black gesê.

LEES OOK: Special care for Herfsakker

Hiervoor was al drie geklee in lang pruike en Voortrekkerrompe.

Judy Raath het hierna staaltjies kom deel wat die gehoor laat skaterlag het. Sy is opgevolg deur Letha Kotzé en Dirkie van Huyssteen, Nicholson en Pretorius wat met verskeie items hul sangtalent met die gehoor gedeel het.

Judy Raath.

Susan Nortje het hierna agter die klawers ingeskuif. Sy en haar man, ‘n afgetrede predikant, is ook inwoners van Herfsakker en maak seker dat die inwoners gereeld bymekaar kom en almal saam gewyde liedere sing. Vir die talentkompetisie het hulle ook so gemaak.

Dirkie van Huyssteen, Clive Nicholson en Letha Kotzé besig om te sing.

Die oggend is afgesluit met Black wat met die hulp van handpoppe gekgeskeer het met die gewilde rolprent Sister Act. Al die deelnemers het geskenke ontvang en die gehoor is met lekkergoed bederf.

 

Judy Black en haar handpoppe.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button