Lydenburg Hoërskool skop hul jaar vir krieker vroeg af
Krieket spelers maak skool trots, en dit is net die begin

LYDENBURG – Hoërskool Lydenburg se eerste krieketspan het vir die eerste keer in die geskiedenis hulle seisoen reeds in die eerste kwartaal begin.
Die span is ingeskryf in die Finsbury-reeks waarin 30 skole noord van die Vaalrivier speel.
Hulle neem ook deel aan die nasionale T20-reeks. Vanjaar se span bestaan uit baie jong spelers wat ingesluit is weens talle spelers wat verlede jaar matriek geskryf en die skool verlaat het.
Finsbury-reeks – 19 Januarie 2019 :
Hoërskool Lydenburg (LHS) teen Hoërskool Klerksdorp (KHS)
KHS: 176/10
Liam Emmerich 5 beurte vir 24 lopies en 5 paaltjies was die beste bouler
LHS: 178/4
Tiaan Brits 92 nie uit nie het die beste met die kolf gevaar.
Nasionale T20-reeks – 31 Januarie 2019:
Hoërskool Lydenburg teen HTS Middelburg
LHS 133/9 in 20 beurte
Tiaan Brits 43 lopies
HTS Middelburg 124/6 in 20 beurte
LHS wen met 9 lopies.
