GalleriesLocal newsNewsNewsSchools galleries
Lydens spog by valentynsbal
Leerders van Hoërskool Lydenburg het verlede Donderdag die skool se Valentynsbal bygewoon om die liefde te vier

LYDENBURG – Hulle het die geleentheid gebruik om ‘n aand van pret en plesier in hul mooiste uitrustings te geniet.
Daar is op verskeie genres musiek gedans en sommiges het gewys dat hulle danspassies uit die boonste rakke is.
‘n Partytjie is nie suksesvol as daar nie iets lekker te ete en te drinke is nie. Die Valentyners kon weglê aan ‘n verskeidenheid pizzas gedurende die twee uur lange geleentheid.
Terwyl sommige verkies het om eerder tyd met hul vriende as op die dansbaan deur te bring, het die bal aan leerders die geleentheid gebied om in liefde na mekaar uit te reik.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





