GalleriesLocal newsNewsNewsSchools galleries
Burgies stap om gees te vang
Leerders van Laerskool Burgersfort het Maandag al om die skoolgeboue geloop in voorbereiding vir die interlaer.

BURGERSFORT – Dié groot geleentheid wat verlede week Vrydag op Sabie sou plaasvind, is uitgestel weens slegte weersomstandighede.
Die gestap om die skool is Dinsdag aangepak.
Dit is ‘n tradisie by die Burgies om dit jaarliks die dag voor die interlaer te doen. Dan word daar gejuig, gedans en gesing – iets waarna elke Burgie uitsien.
Selfs Fred die gelukbringer van Getlane Lodge het saam met die leerders gestap.
Die spankapteine van die skool het met die skoolvlag die leiding geneem, gevolg deur die entoesiastiese leerders.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!













