Editor's choiceLocal newsNewsNews

Seun (16) per helikopter gevlieg na nekbesering

Jordaan het die keer gereel dat hy per helikopter na Unitas vervoer word.

LYDENBURG – Die trauma helikopter van Johannesburg is ontbied kort na 20:30 vanaand.

Dit volg na Bobby van As (16) vir die tweede keer ‘n nekbesering opgedoen het.

Van As het op 23 Januarie die eerste keer sy nek beseer tydens krieketoefening by die skool.

Willem Jordaan van Swift Emergency Services het van As die eerste keer behandel en met hom deurgery Unitas hospitaal toe in Johannesburg.

Na wat verneem word was van As ontslaan en het hy steeds herstel van die vorige besering toe hy vanaand oor sy tas geval het by sy ouerhuis. Hy het glo die muur met sy kop getref en is weer beseer.

Jordaan het die keer gereel dat hy per helikopter na Unitas vervoer word.

Die pad was deur nooddienspersoneel, Rapid Response en HBK insleepdienste gesluit vir die landing.

Sy familie is tans per kar oppad na Johannesburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button