Local newsNewsNews
Waterval CVO atlete dring deur na SA’s
Die atlete van Waterval CVO het oudergewoonte tydens die Oos-Transvaalse atletiekuitdunne weer stof in hul mededingers se oë geskop

BURGERSFORT – Die geleentheid het op 16 Februarie op die velde van Gromar CVO-skool op Groblersdal plaasgevind.
Almal wat onder die eerste vier plekke geëindig het, het span gehaal, maar slegs die atlete wat die eerste drie plekke ingeneem het, het medaljes ontvang.
Hierdie groep atlete gaan nou aan die BCVO se Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat op 16 Maart in Sasolburg gehou word, deelneem.
Violet Taljaard het egter nie net ‘n eerste plek in gewigstoot vir dogters o/12 behaal nie, maar het ook die rekord verbeter. Dit staan nou op 8,54 m.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
