Lydenburg klop Nelspruit in ringbal liga
Die eerste ringballigawedstryde van Lydenburg Ringbalklub het Saterdag op plaaslike bodem plaasgevind

Lydenburg se manspan het teen Nelspruit Ringbalklub te staan gekom en die Nelspruiters ‘n loesing van 44-4 toegedien.

Die speler van die wedstryd was Luhann Gebhard.
Nelspruit se vrouespan het hul wedstryd teen Lydenburg gekanselleer.

Die klub se volgende kragmeting vind Saterdag 2 Maart op die bane van Hoërskool Lydenburg plaas. Die Lydenburgers speel gasheer vir die Gladiators van Witrivier.
• Voorverlede naweek, 16 Februarie het Lydenburg se ringbalklub in Witrivier hul eerste ligawedstryde gespeel.

Lydenburg se mansspan het hul teenstanders van Malelane met 44-20 kafgedraf, terwyl die vroue se eerste span ook hul eweknieë van die dorp met 22-20 getroef het.
Die vrouespan kon egter nie daarin slaag om hul tweede wedstryd van die die dag teen Komati te wen nie en moes die onderspit met 20-26 delf.

