Lydenburg stoeiklub vat een na die ander toernooie aan
Die Lydenburgse stoeiklub is reeds van die begin van die jaar af hard aan die werk en stoeiers het al aan twee toernooie deelgeneem

Twee lede van die klub het verlede Saterdag aan die Mpumalanga-skolekampioenskappe (beginners) in Mbombela deelgeneem. Proewe vir die saamstel van die Mpumalanga-presidentspan wat aan die Suid-Afrikaanse Stoeifederasie (SASF) se presidentkampioenskappe gaan deelneem, is ook op dieselfde dag gehou.

Die klub se Miteyo de Villiers en De-Handre Kok is gekies vir deelname aan dié kampioenskappe wat op 15 Maart in die Velodrome-stadium in Belville plaasvind.
Op 23 Februarie het stoeiers van die klub ook aan Tuks Stoei se ope toernooi in Pretoria deelgeneem waar Miteyo, De-Handre Kok en Rovaun van Zijl onder die eerste vier plekke geëindig het.

Die klub benodig fondse om die twee stoeiers se deelname aan die SA’s te verseker. Indien enigiemand hulle kan of wil ondersteun, skakel Natassja de Villiers by 072-371-7583.
Uitslae
Mpumalanga-skolekampioenskappe:
• Miteyo de Villiers – goud in ouderdomsgroep skolekampioenskappe en silwer in president-proewe.
• De-Handre Kok – goud in skolekampioenskappe en silwer in president-proewe.
Tuks-ope
• Miteyo de Villiers (brons in vrystyl, kadet)
• De-Handre Kok – 4de in o/15-vrystyl, ope
• Rovaun van Zijl – 4de in o/13-vrystyl, ope.
