GalleriesLocal newsNewsNewsSchools galleries
Die kleingoed van Steelpoort Akademie het vandeesweek die geleentheid gekry om hulle eie atletiekdag te hou
Kyk die video waar die pa's teen mekaar hardloop by www.steelburgernews.co.za

STEELPOORT – O’Dilhea Keulder, ‘n onderwyser by die skool maak elke jaar seker die gr. R-leerders kry ook die geleentheid om van vroeg af aan atletiek blootgestel te word.
Daar is gehardloop, hooggespring, gewiggestoot en met spesiale spiese gegooi. In die proses het die kinders ook geleer van atletiekreëls.
Die lekkerste was dat ouers al die items saam met hulle kinders kon doen. Ma of pa het hulle oor die hekkies gehelp, oor die hoogspring lat getel en saam gehardloop. Dit was ‘n dag vol pret en plesier vir die kinders.
Kyk die video waar die pa’s teen mekaar hardloop by www.steelburgernews.co.za.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



