Ratels begin seisoen op goeie noot
Die Ratelsrugbyspan het Saterdag in Belfast hulle spiere gebult en gewys dat hulle vanjaar reg is om dinge op die veld te laat gebeur

Die span het tydens ‘n rugbydag op Belfast wat deur dié dorp se rugbyklub aangebied is, ‘n oorwinning van 29-21 teen die Swaziland Oshoek-span behaal.
Veertien rugbyspanne het mekaar tydens die dag aangevat. Alle wedstryde was vriendskaplik en spanne kon fokus op tegnieke en om ander fasette van die spel op te skerp. Natuurlik het dit nie die Ratels gekeer om gate deur die Swaziland Oshoekspan te hardloop nie.
Die Ratels se afrigter, Wayne Dietich het die volgende kommentaar oor die spel gelewer. “In die eerste helfte het die Ratels meestal beheer oor die bal gehad en kon ons ‘n goeie telling opmaak.
In die tweede helfte is die manne se fiksheid veral getoets, en ‘n paar balle is weggeskop. Ons neem die wen as ‘n positiewe begin op en gaan nou net sterker daarop voortbou,” sê Dietich.



