Vroue vier vernuwing by sakeontbyt
Vernuwing was die tema van die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue (SACBW) se netwerkontbyt hierdie week.

MBOMBELA – Dr. Inge van Dyk se praatjie het gehandel oor ‘n nuwe jy tydens die geleentheid wat Woensdag by Tindlovu at the Gardens gehou is.

Sy het die vroue meer oor Botox en vullers, gewigsverlies en diëte vertel. Sy het ook raad gegee oor watter klein veranderinge ‘n mens kan maak om ‘n gesonder lewe te hê.

Nog ‘n gasspreker, Elize Delport, het vertel hoe sy die afgelope drie jaar 35 kg afgeskud het met die Banting-dieet.

Sy het verduidelik hoe dit werk: dat ‘n mens deur jou dieet as ‘t ware jou lyf programmeer om energie uit vet te haal, eerder as glukose.
“Ons is nie ontwerp om graan te eet nie,” het sy gesê. “Graan is om ons kos te voer.”
Volgens Delport is dit maklik wanneer ‘n mens eers daardie kopskuif gemaak het, om die leefstyl te volg. Dit help ook dat ‘n mens op hierdie dieet nie honger voel nie.

Die oggend is moontlik gemaak deur verskeie borge.
SIEN OOK: Penryn’s beauties showcase community involvement and personalities
Dit is afgesluit met gelukkige trekkings wat ‘n paar verstommende bederfpryse ingesluit het.

LEES OOK: Downsindroom hou nie dié man terug nie
