Local newsNews

Bejaardes geniet stories uit toeka se dae by kuierdag

Plaaslike bejaardes het staaltjies uit hulle kindertyd en interessanthede uit toeka se dae tydens verlede Dinsdagoggend se Guardian Angels-kuierdag gedeel.

HECTORSPRUIT – Staaltjies van toeka se dae en oudhede het tydens verlede Dinsdagoggend se Guardian Angels byeenkomsbejaardes aan die gesels gehad.

Buffalo Hotel het ‘n gedeelte van hulle restaurant in die “Guardian Angels Café” omskep en die groep het ‘n vrugtekelkie, “hooimied” en koekstruif te ete gehad.

Joachim Schulz, een van die Guardian Angels se vrywilligers het aan die groep uit ‘n ou Hollandse Bybel voorgelees en almal het saam ‘n paar FAK-liedjies gesing.

LEES: Versamelaar bewaar erfenis vir nageslag

‘n Paar bejaardes het oudhede saamgebring en agter die mikrofoon ingeskuif om daaroor te gesels. Die groep kon ‘n gehekelde jurkie van ‘n lid se moeder, ‘n primus-stofie en ‘n weegskaal wat in ponde meet (en steeds daagliks gebruik word) besigtig.

Oom Ollie Olivier het die groep aan sy lippe laat hang en laat lag met sy jagstories en staaltjies van hoe hy pak slae vermy het. Hy is aangewys as die beste storieverteller van die geleentheid en het ‘n blikbord as prys ontvang.

LEES: Nuwe aanwysers hou toeriste op Jock se spoor

Die Guardian Angels was in hul noppies met Buffalo Hotel se ondersteuning en pragtige tafelversierings. Die groep wat die kos gemaak het, kon ook die hotel se fasiliteite gebruik om dit die vorige dag voor te berei en bedank die hotel daarvoor.

Guardian Angels sal Maandag 1 April om 12:00 by die NG Kerk Malelane vergader en belangstellendes is welkom om aan te sluit. Skakel die voorsitter, Eva Bruce by 082-538-0276.

Die volgende kuierdag gaan weens die Paasnaweek effens vroeër gehou word en word sover op Dinsdag 16 April by die NG Kerk Malelane aangebied.

LEES: Bejaardes skop die jaar met bos-uitstappie af

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button