Annatjie Myburgh se gesin hoopvol gedurende verhoor
Haar moordverhoor is verlede week hervat.
MBOMBELA -Selby John Mabila en Paul Mathebula, wat daarvan aangekla word dat hulle in 2016 die plaaslike inwoner Annatjie Myburgh, vermoor het, se verhoor is Maandag hervat.
Myburgh se gesinslede was vol hoop toe hulle verlede week dié verhoor by die rondgaande hooggeregshof by die Nelspruit Landdroshof bygewoon het.
Die verhoor het verlede jaar by dieselfde hof in Graskop begin.

“Dit is ‘n frustrasie want dinge vat so lank,” het Annatjie se seun, Wendell jr. gesê. “In my opinie het daar meer dinge in hierdie week gebeur as wat daar in amper twee weke op Graskop gebeur het.”
Sy pa en Annatjie se wewenaar, Wendell sr., was gedurende die week aan Wendell en sy suster, Marlize Rossouw, se sy. “Dit begin nou na ‘n punt te beweeg en ons kan net hoop vir die beste,” het hy gesê.
ALSO READ: Annatjie Myburgh accused finally stand trial
Annatjie het op 15 Junie 2016 van haar huis in Witrivier verdwyn. Haar voertuig was ook soek en die polisie het in daardie stadium vermoed dat sy gekaap en ontvoer is.
Die gemeenskap het vir dae help soek na haar. Haar lyk is vroeg die oggend van
18 Junie 2016 buite Witrivier in ‘n bos op pad na Numbi gevind.
Mabila en Mathebula is kort daarna gearresteer.

Donderdag het die staat hul laaste getuies geroep. Die staat het sedert verlede jaar vyf getuies geroep. Hulle het, onder andere, oor die skoenafdrukke van die beskuldiges op die toneel, die inhegtenisneming van die beskuldigdes en hul vermoë om die polisie na die moordtoneel te lei, getuig.
Na afloop van die verskyning van die staatsgetuies het Mabila en Mathebula se advokate aangedui dat hulle van plan is om elkeen slegs die beskulidges as getuies te roep wanneer die verdediging die geleentheid kry om hul saak te stel.
Die saak sal weer van 1 tot 5 Julie in die hof voorkom. Vyftien en 16 Augustus is ook opsy gesit om die saak te finaliseer, sou dit nodig wees.
ALSO READ: An incomplete High Court hinders Annatjie Myburgh’s murder case
