Helpenmde Hand open 41st winkel in Burgersfort
Solidariteit se plaaslike Helpende Hand-tak het Vrydag hul eerste tweedehandse klerewinkel geopen

BURGERSFORT – Bestuurslede van die organisasie het van sover as Pretoria gekom om die geleentheid by te woon.
Alle kledingstukke wat in die winkel te koop is, word deur die publiek geskenk.
Om hierdie rede bly die publiek die organisasie se eerste proriteit. Hoewel die klere te koop is, word dit ook vir welsynsgevalle aangewend nadat ‘n assesering van die persone gedoen is en bepaal word of daar werklike ‘n nood is.

Die inkomste wat gemaak word gaan aan Solidariteit se studiefonds. Hierdie fonds is deur die organisasie gestig om diegene wat dit nie kan bekostig om te studeer nie, te help met ‘n rentevrye lening wat deur die student terugbetaal word wanneer hy of sy klaar studeer en ‘n permanente werk het.

Die winkel in Burgersfort is die 41ste van sy soort in die land en Solidariteit hoop om nog vele meer te open.
Die publiek kan allerlei skenkings, nie net klere nie, hier kom inhandig. Dit sluit ook kos in wat aan behoeftige gesinne versprei sal word.
Vir enige navrae skakel gerus die winkelbestuurder, Juanita Venter by 075-702529 of besoek die winkel in Moronestraat bo Cheap Cheap Slaghuis.
