Local newsNewsNews
LHS neem vriendskaplik deel teen Curro
Rugby- en netbalspanne van Hoërskool Lydenburg het verlede Saterdag teen hul eweknieë van Curro in Mbombela te staan gekom en met oorwinnings gespog

Die vriendskaplike wedstryde het op Curro se velde plaasgevind.
Lydens se eerste rugbyspan het met 55-12 oor Curro geseëvier, terwyl die eerste netbalspan hul teenstanders met 45-12 afgeransel het.
Saterdag is Samancor Eastern Chrome Mining se jaarlikse liefdadigheidsgholfdag by Lydenburg Gholfklub gehou. Legendariese Springbokke is genooi om die dag saam met die myn deur te bring.
Dié manne het Saterdagoggend voor die vertrek van die rugby- en netbalspanne na Mbombela, ontbyt saam met die skool se eerste rugbyspan geniet.
Die span se nuwe rugbytruie is ook tydens die geleentheid aan hulle oorhandig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


