Editor's choiceLocal newsNewsNews

Boer sterf in fratsongeluk

Op die stadium is nooddiens-personeel nog besig om die liggaam uit die krans te kry.

LYDENBURG -‘n Boer van dié distrik het tragies gesterf toe sy trekker by ‘n krans afgestort het. Die voorval het 11:00 vandag (Woensdag) plaasgevind.

Die boer se naam en van is aan Steelburger/Lydenburg Nuus bekend, maar word weerhou tot alle naasbestaandes in kennis gestel is.

Op die stadium is nooddiens-personeel nog besig om die liggaam uit die krans te kry. Dit is nie seker wat tot die ongeluk gelei het nie. Die boer het glo teen die berg met sy trekker opgery. Hy het moontlik die nou paadjie onderskat en het saam met die trekker teen die berg afgestort.

Die voorval het 25km buite Lydenburg op die Burgersfortpad naby Beetgekraal plaasgevind.

Die koerant sal verdere inligting bekend maak soos dit beskikbaar gestel word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button