Editor's choiceLocal newsNewsNewsUpdateBreaking News

OPVOLG: Bekende boer se dood skok gemeenskap

Hulle het op die toneel afgekom en dadelik bure en ander boere in kennis gestel.

LYDENBURG – Inwoners van Watervalsrivierpas is in skok na ‘n bekende boer van dié gemeenskap Woensdag tydens ‘n fratsongeluk oorlede is.

Robbie Moldenhauer (56) was glo besig om met sy trekker teen ‘n kranspad af te ry. Dit is onseker wat presies gebeur het, maar Moldenhauer het glo kort daarna saam met die trekker van die krans afgestort. Die vermoede bestaan dat die trekker se remme of ingegee het of uit rat uit geskop het.

https://steelburgernews.co.za/270474/boer-sterf-fratsongeluk/

Die plaas is geleë tussen Lydenburg en Burgersfort naby Beetgekraal sowat 25km uit die dorp.
Werkers van die aangrensende plaas, Naranja, het die slag gehoor en ondersoek gaan instel. Hulle het op die toneel afgekom en dadelik bure en ander boere in kennis gestel. Rapid Response en Netcare 911 was kort daarna op die toneel, maar Moldenhauer het glo reeds met die val gesterf.
Na wat verneem word, het hy nagenoeg 42 meter ver geval. Die trekker is 200 meter verder teen die hang gevind.
Die familie was nog nie bereid om met die media te praat oor die voorval nie. Steelburger/Lydenburg Nuus betoon hulle meegevoel teenoor Robbie Jnr, Moldenhauer se seun en Heidi, sy vrou.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button