Local newsNews

Jong ster skitter op verhoë

Xander is die enigste hoërskoolleerder in Mpumalanga wat hierdie jaar gekies is om aan die gesogte kykNET Nasionale Toneelspelkompetisie vir Hoërskoolleerders se finale ronde deel te neem.

MBOMBELA – Teen dié tyd is Xander Goosen al gewoond aan die kollig en is die verhoog vir hom ‘n tweede tuiste. Hierdie matriekleerder aan Curro Nelpruit bly egter nederig terwyl een van sy grootste drome waar word.

Xander is die enigste hoërskoolleerder in Mpumalanga wat hierdie jaar gekies is om aan die gesogte kykNET Nasionale Toneelspelkompetisie vir Hoërskoolleerders se finale ronde deel te neem.

“Dit is die vierde jaar wat ek vir die kompetisie ‘n oudisie doen en dit is ‘n groot eer om gekies te word,” vertel Xander.

Xander en Anke.

LEES OOK: Local dancer to take a bite of the Big Apple

Meer as 500 leerders landswyd het aan die uitdunrondes deelgeneem, waarin slegs 60 vir die finale rondes gekeur is. Die finale rondes word van 2 tot 4 Mei in die Kunstekaap Teater in Kaapstad gehou.

Xander, onder leiding van Frances van Niekerk (Finesse Dramaskool), het in die uitdunne ‘n verwerkte prosa uit Fanie Viljoen se Pleisters vir die Dooies en die gedig “Luister Verby” deur Koos Kombuis voorgedra.

Hy moes ook ‘n onvoorbereide improvisasie doen. Xander het verlede jaar met die senior trofee vir veelsydigheid by die Nelspruit Eisteddfod weggestap en was een van slegs sewe Suid-Afrikaners wat gekies is om die New York Film-akademie se Acting for Film-kursus in New York by te woon.

“Ek het ongelooflike kennis hier opgedoen en dit was heerlik om al die talent van regoor die wêreld te kan sien.”

LEES OOK: We’re all in the mood for a melody and Sappi got us feelin’ alright

In 2016 was hy ook Innibos se jongste kunstenaar en vanjaar gaan hy en sy vriendin, Anke Schnepel, vir die heel eerste keer saam by die fees optree. Xander vertel dat afgesien van Innibos en die toneelspelkompetisie, hy hom vanjaar op sy studies gaan toespits.

“Ek gaan volgende jaar drama by PALI (Performing Arts & Lifestyle Institute) studeer en ek is baie opgewonde oor die toekoms,” vertel hy. Die toekoms wink beslis blink vir hierdie jong talent.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button