Vlieëniers sorg vir skouspelagtige vertonings
Diegene wat jare van opleiding en oefening in aksie gesien het, het na hul asems gesnak.

MBOMBELA – Vanjaar se aflewering van die Lowveld ABSA Air Show wat Saterdag by die Nelspruit Vliegveld gehou is, het beloof om ‘n skouspelagtige byeenkoms te wees.

LEES OOK: Eisteddfod entries now only closing on May 24

Alle oë was op die lug gerig soos een vliegtuig na die ander van die aanloopbaan opgestyg en hoog gesweef het terwyl hulle met hul toertjies noue ontkomings met die dood gehad het. Dit het die gehoor gaande gehad.
LEES OOK: Hazyview police baffled by stationary vehicle rolling into a ditch
Laevelders was beslis nie teleurgesteld oor die asemrowende vertonings nie soos die vlieëniers die veld met gekleurde rookbomme verlig het. Diegene wat jare van opleiding en oefening in aksie gesien het, het na hul asems gesnak.

Dit het getuig van die skouspelagtige vertoning wat toeskouers van regoor die land getrek het. Die vliegveld het gewemel van aktiwiteite en die waagmoed van die vlieëniers was sekerlik iets om te aanskou soos hulle stroke, rolle en kolle in die lug gemaak het.
LEES OOK: Police make R60 million heroin bust on N4 near Kaapmuiden
Die hordes toeskouers het hul kampstoele gebring om ‘n voorste sitplek vir die aksie te hê en baie het hul selfone uitgeruk om die sterbelaaide vertoning van lugvaartuitnemendheid op te teken.
