VIDEOS: Kom lag saam in Afrikaans met die land se best komediante
Kom lag 'n slag op 25 Mei, wanneer Emnotweni Casino die land se beste Afrikaanse komediante na die Laeveld bring. Vind ook uit wie wen kaartjies na Alle grappies op 'n stokkie.

Die komediekongings Alfred Adriaan, Melt Sieberhagen en Hannes Brummer kom op die verhooog bymekaar vir Alle Grappies Op ‘n Stokkie – ‘n fees van skreeusnaakse Afrikaanse komedie.
Alfred Adriaan doen sy beste om nie oogkontak te maak in die video nie
Melt Sieberhagen gee vir ons meer grappies as ‘n stokkie in die video
Hannes Brummer demonstreer hoe ‘n lag bom klink in die video
Kompetisie wenners in die Moedertaal Meme kompetisie
Onlangs het ons almal op Facebook uitgedaag om hul tong-in-die kies grappies met ons te deel.
Hier is ons gelukkige wenners in die Afrikaanse Meme kompetisie:
- Eunanza Farrell
- Whanita Parkes
- Cristeline Kruger
- Katinka Grobbelaar Engelbrecht
- Heila Pieterse Grobler
- Leonie Theron
- Anri Wessels Grobler
- Yolindi Grobler
- Stronell Smit
- Yolande Hill Nel
- Louise Kruger Andrews
In Dinsdag se Laevelder (bladsy 8) het ons ook vir Alfred, Melt en Hannes gevra om hul gunsteling-grappies met ons te deel.
https://www.facebook.com/lowvelder.co.za/videos/1260000680815830/
Hoe kry ek kaartjies?
Van die vervaardigers van The Big 5 Comedy Show bring Taylor Made Productions hul jongste komediekonsep na die Laeveld.
Kaartjies beloop R150 per persoon en kan by Computicket gekoop word.
Geen persone onder die ouderdom van 16 word toegelaat nie en die vertoning begin om 20:00.
