MunicipalNews

Nuwe petisie bring dalk einde aan geraasbesoedeling in Mbombela

Die petisie kan onderteken word deur die volgende skakel te volg: www.change.org/p/mbombela-by-law-enforcement-unit-curb-noise-polution-in-mbombela.

MBOMBELA – Sedert ‘n petisie teen geraasbesoedeling Sondagoggend die lig gesien het, is dit al deur meer as 650 mense onderteken. Dié petisie is die breinbaba van wykraadslid, Tersia Marshall, wat al vir amper drie jaar aan die voortou van die geveg teen dié besoedeling is.

“Die voorgestelde bywette is onlangs aan die raad voorgelê, maar hierdie Augustus is dit al drie jaar wat ons wag vir die nuwe bywette om geïmplimenteer te word.”

Marshall sê die einddoel van die petisie is om dit na die plaaslike munisipaliteit te neem sodat die nuwe wette bekendgemaak kan word.

Tersia Marshall.

SO HET LAEVELDER VOORHEEN BERIG: Verouderde munisipale wette steeds in plek om geraasbesoedeling oor feestyd te beheer

Volgens Marshall is daar verlede Maandag ‘n vergadering by die burgersentrum gehou.

“Geraasbesoedeling was een van die punte op die agenda en die gesprek het warm geraak toe ons hieroor begin gesels. Sommige mense het gevoel ons verontreg net sekere instansies of feeste en daar is besluit dat ons eerder ‘n petisie moet opstel om te sien hoeveel mense dit werklik affekteer.”

Marshall plaas klem daarop dat dit glad nie die doel van die petisie of die stryd teen lawaai is om enige instansie, groep of fees uit te sonder nie.

“As hulle die wette gehoorsaam, sal dit hulle nie affekteer nie. Die mense wat die meeste daaronder ly is die belastingbetalers wat nie sien hoe hulle geld vir hulle werk nie.”

Volgens haar moet ten minste 50 persent van die dorp geraak word, “en as dit minder is, moet hulle met uitsonderlike redes kom vir die voorlegging van die petisie, soos dat die geraas hulle gesondheid affekteer”.

LEES OOK: Not a beautiful noise: Noise pollution continuing in Mbombela

 

 
Back to top button