MunicipalNews

Min tyd oor om petisie teen geraasbesoedeling te onderteken

Die petisie kan onderteken word deur die volgende skakel te volg: www.change.org/p/mbombela-by-law-enforcement-unit-curb-noise-polution-in-mbombela.

MBOMBELA – Sedertdien sy ontstaan Sondag, het meer as 1000 mense die petisie teen geraasbesoedeling onderteken.

Inwoners het net tot Maandag tyd om die petisie teen te teken. Die petisie het die lig gesien na aanleiding van die oorvloed klagtes wat wykraadslid Tersia Marshall ontvang het.

Marshall, wat al byna ‘n jaar lank aan die voorpunt van die geveg teen dié besoedeling staan, sê die voorgestelde munisipale ordinansies is onlangs aan die raad voorgelê.

LEES OOK: Nuwe petisie bring dalk einde aan geraasbesoedeling in Mbombela

Volgens haar is daar aanvanklik gedink dat 50 persent van die plaaslike bevolking die petisie moet onderteken voordat dit ‘n daadwerklike verskil kan maak.

“Ons het besef dat daar wel ‘n petisiekomitee in Mbombela sit en dat ‘n mens slegs 100 handtekeninge nodig het om die petisie voor te lê.”

Marshall sal hierdie petisie Dinsdag aan die komitee voorlê.

Sy het weer beklemtoon dat die petisie geen spesifieke geraasmakers teiken nie, maar eerder ten doel het om te verseker dat munisipale ordinansies geïmplementeer word.

LEES OOK: Verouderde munisipale wette steeds in plek om geraasbesoedeling oor feestyd te beheer

 

 
Back to top button