KYK: ‘Non met vakansie’-toneelstuk kan nie misgeloop word nie
Non met vakansie toneelstuk wat by Nelspruit Laerskool plaasvind op Junie 26 tot 28 plaasvind moet nie misgeloop word nie.

Anna het op 18 as ‘n Afrikaanse, Protestantse middelklasmeisie geroepe gevoel om ‘n non te word. As suster Magdalene het sy as bibliotekaris, argivaris en geskiedkundige navorser gewerk.
Nou in haar 40-plus jare is sy ontnugter. Was n lewe van opoffering die moeite werd? Het sy die regte besluit geneem of het sy die ware lewe misgeloop?
Sy wil haar kop skoonkry tydens ‘n vakansie en vertel ‘n leuen oor n fiktiewe familiekrisis. Sy vat die pad na ‘n eiland aan die Portugese kus.
Daar ontmoet sy vir Drikus, ‘n Afrikaanse man in sy vroeë 30’s wat wou wegvlug van die rotresies, sy gebroke huwelik en nou ‘n geluksalige lewe leef as grapmaker en partytjiedier wat nie die lewe te ernstig opneem nie.
Hy hou permanent vakansie; geen spanning, geen probleme. Net die see en die branders. Tot die non met vakansie opdaag.
Hierdie ontmoeting lei tot vars, slim humor; van warm, vermaaklike gesprekke tot vurige argumente. Niks is werklik soos dit voorkom nie.
Verwag n paar wendings en verrassings wat jou na jou asem sal laat snak. Moenie hierdie boeiende produksie misloop nie.
