Nog meer vermaak by dié arena
Vodacom gaan groot tydens Innibos vanjaar, met onder meer spesiale aanbiedinge op databundels. Just4Innibos-data sal slegs vir Innibos geaktiveer word.

Die Arena-verhoog, geborg deur Vodacom en Laevelder, beloof boonop vermaak uit die boonste rakke.

Hier sal jy regdeur die dag topkunstenaars en belowende nuwelinge kan sien optree.

Dink Pieter Smith, Jennifer Zamudio, Pieter Koen, Jakkie Louw en Jan Bloukaas, om maar net ‘n paar te noem.
Die Vodacom/Laevelder Arena-verhoog, wat net oorkant die hoofverhoog geleë is, is ook die plek om te wees vir die partytjie na die daaglikse konsert op die hoofverhoog.

Kyk uit vir Ghapi, Soul Taxi, The Afterparty Band en Marcato.

Vodacom bied ook ander spesiale dienste in dié tent vanjaar.

Hulle sal foonbatterylaaistasies in die Arena-tent hê sodat jy elke aspek van jou vuurwarm fees kan verewig en aanlyn deel.

Daar sal ook daagliks pryse weggegee word, met onder andere ‘n Guitar Hero-kompetisie.

Moet ook nie Vodacom se selfie-kraampie misloop nie.

Die vermaak op die Vodacom/Laevelder Arena-verhoog is gratis en ingesluit by jou toegangskaartjie tot die feesterrein.

Dit is voorwaar hierdie week die vuurwarm plek om te wees.

