Local newsNews

Mandeladag bring geleentheid vir oorlog teen plastiek

Die hele gemeenskap kan maklik by die projek betrokke raak.

MBOMBELA – Dit is amper Mandeladag, en verskeie plaaslike besighede het groot planne om die dorp ‘n bietjie skoner te maak daarvoor.

Stabilis, Sanibonani, Innibos, Rooikat, BUCO en Laevelder sal Donderdag elkeen ‘n straat of area naby hul kantoorgeboue opruim vir hul 67 minute vir Madiba.

Die projek eindig egter nie daar nie: hierdie is ‘n langtermynoorlog teen plastiek.

LEES OOK: IN PICTURES: Lowveld Media celebrates Madiba Day

Daar is reeds by Crossing-sentrum ‘n “honger hart” opgerig wat lede van die publiek met hul plastiekrommel kan vul.

Hierdie afval sal mettertyd in EcoBricks (ekostene) omskep word, wat dan weer vir ‘n goeie doel aangewend kan word.

Handy Master, Canton Belting Supplies en BUCO het die oprigting van die hart moontlik gemaak. Dit is reeds beskikbaar vir gebruik deur die publiek.

Moenie langer wag nie; kom voer hierdie hart en toon jou ondersteuning.

LEES OOK: Nelson Mandela Day: A timeline of Madiba’s 100 years

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button