Werk Oorsee met verskeie opsies – lees meer hier
Travel Work Abroad bied talle geleenthede om oorsee te werk en bly 'n moontlikheid te maak.

Thailand is nie net bekend vir sy asemrowende en verskeidenheid toerisme-aantreklikhede nie, maar soveel meer. Groeiende getalle mense word elke maand deur Travel Work Abroad gehelp om die geleentheid te kry om in Thailand skool te gaan gee.
Die maatskappy bied al vanaf 2009 verskeie opsies aan vir mense om oorsee te werk. Hulle bied nie net die geleentheid aan om in Thailand te gaan werk as ‘n Engelse onderwyser nie, maar ook au pair- en gasvryheidgeleenthede vir die jonger mense.

Volgens Lizl Smit, besturende vennoot van Travel Work Abroad, is die doel van plasings in Thailand om Engels te gee en by privaat leersentrums te werk, is om ‘n verskil te maak in die land. Die meerderheid van die afgetrede kliënte wat tans geplaas is, bied ook privaat klasse aan.
Die Myanmar-program
Die reismaatskappy het ‘n Myanmar-program waar mense met ambagte soos in die sekuriteits-, IT- en elektrisiteitswese ‘n voet in die deur kan kry vir ander werksopsies. Hulle kan selfs mense in verkope, bestuur, en admin help.

Die fokus van die program is om eers te begin skool gee, en natuurlik daarna volg die ander werksgeleenthede. Die program is baie veilig veral vir alleenlopers; dit maak dit meer veilig omdat hulle groepe bymekaar te bring en dus ‘n groter ondersteuningsnetwerk te bied vir kliënte.
Deelnemers aan die program kry ondersteuning vanaf die oomblik wat ‘n kliënt navraag doen. Hulle help met alle reëlings, voor asook nadat hulle kliënte in Thailand aankom, en is altyd beskikbaar.

Of jy nou lus is om ‘n verandering te maak vir net ‘n paar maande, ‘n jaar of twee, of selfs daaraan dink om af te tree in Thailand, Travel Work Abroad kan help. Hulle doen plasings vir mense tussen die ouderdomme van 18 en 60+ jaar!
Paartjies en vriende kan ook saam aansoek doen en word saam geplaas. Travel Work Abroad help ook mense wat slegs wil aftree in Asia se mees populêre land, soos gelys in 2019.
Lizl vertel eerstehands oor Thailand
Ek is self in Thailand. Ek het in Pretoria grootgeword.
Elke dag is ‘n nuwe ervaring, nog ‘n dag in die paradys! Die grootste aantrekkingspunt vir my is die veiligheid; ek hoef nie oor my skouer te loer nie!
Die vriendelikheid en behulpsaamheid van elke Thailander is nog iets om aan gewoond te raak, en verras my elke dag. My admin-assistent, Samantha (23) ry gereeld alleen die trein Bangkok toe om haar eksamens by Unisa se lokaal te gaan skryf!
Sy sê dis ‘n avontuur op sy eie, met soveel besorgdheid van die mense op die trein wat seker maak sy klim by die regte stasie af.

Moenie vergeet van die fantastiese geregte, gepaard met die Thailandse aandmarkte en restaurante wat met miljoene liggies die nag verlig, sodat dit soos ‘n sprokieswereld lyk!
Die volgende dag, met realitiet wat saam met die son opkom, is dit weer tyd vir ons onderwysers om skool te gee! Naweke spandeer mens op die strand, of gaan vir staproetes na die vele parke en watervalle.
Ek geniet die ryk kultuur en geskiedenis terdeë. Die mediese fasiliteite is ook van baie goeie gehalte teen ‘n baie bekostigbare prys, vertel Lizl.

Suid-Arikaners in Thailand
Daar is al ‘n hele netwerk Suid-Afrikaners in Thailand en daarmee saam ook biltong, mieliepap en vetkoek! Travel Work Abroad is een van die maatskappye met ‘n plasingsnetwerk wat selfs mense sonder grade in Thailand kan plaas by privaatsentrums en skolenetwerke.
“Thailand was dalk nie iets waaraan jy gedink het as ‘n bestemming vir werk nie; ek hoop dat jy nou weer daaroor sal dink. Hopelik ontmoet ek julle een van die dae hier in die sonnige paradys,” het Lizl in afsluiting gesê.

Enige groot skuif na ‘n ander land gaan gepaard met spanning en baie reëlings. Travel Work Abroad is daar om dit maklik en gemaklik te maak vir al hulle kliënte, veral as mens na ‘n land verhuis waar Engels nie die heersende taal is nie.
Met verskeie kantore nasionaal en internasionaal, in areas soos Pretoria, Potchefstroom, Stellenbosch, die Tuinroete en natuurlik die kantoor in Thailand, is jou oorsese reisdrome nou ‘n realiteit.




