Local newsNews

Jonathan raps paartjies oor hul verskilletjies

Jonathan van Radio Raps se manier om 'n lang storie kort te maak is so gewild dat sy komedievertoning Saterdagaand by Emnotweni uitverkoop was.

MBOMBELA – Die vertoning moes selfs ‘n bietjie later as beplan begin, om die lang ry mense tyd te gee om hul sitplekke in te neem voor Jonathan in sy groen keppie met sy skertsery begin het.

Hy kyk graag na die verskilletjies, dingetjies en goetertjies tussen mense.

Hy skop Lang Storie Kort af met ‘n ballade oor alles wat (so neem die gehoor aan) sy eksvrou wou hê hy moes doen, soos saam met haar markte besoek, eerder as hom toe te laat om te gaan jag saam met die boys.

Maar “ek kan nie” word toe later “ek gaan nie” en daar is die lang storie kort.

Die res van die vertoning het gefokus op die stryd tussen die geslagte en ouderdomme: meermale kon gehoorlede onderlangs gehoor word soos die een party van ‘n paartjie die ander daarop wys, “Dis nes jy!”

Hulle was goed aangevuur van uitsien na sy staaltjies teen die tyd dat hy begin het, en het duidelik aanklank gevind met wat hy te sê het.

Wel, soms meer die manne as die vroue.

Mense herken die situasies wat hy skets: wanneer moet en mag jy ‘n vrou ‘n “tannie” noem?

LEES OOK: #NelspruitEisteddfod40: Ontmoet die instrumentale afdeling se beoordelaar

Alles van selfie-etiket en WhatsApp-stemnotas tot ongemaklike kuiers by mense, waar jy net nie kan wegkom nie, en die vergeet van mense se name.

Wie kan nie identifiseer nie? Die lewe is voorwaar ‘n snaakse ding.

SIEN OOK: Win a brand new Polo Vivo

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button