Local newsNews

Só lyk ‘n pasgebore Alpakka

"Hy lyk soos 'n speelding."

LYDENBURG – ‘n Klein bondeltjie wol het onlangs vir groot opwinding gesorg by die Aartappelraad in die Longtompas.
Die Mellet-familie se eerste alpakka-lammetjie is op 19 September gebore.

Lees ook: Wild horses celebrated with a true country festival at Kaapsehoop this weekend

Dr. Marietjie Malan, plaaslike veearts van Longtom Dierekliniek, was toevallig besig om die Mellets te help met hulle skape, toe ‘n werker aangehardloop kom om hulle in te lig dat die alpakka-ooi besig is om te lam.

Malan het dadelik handjie gaan bysit met die geboorte van die lam. Die lammetjie is sonder enige kompli-kasies gebore.
Dit is die eerste lam-metjie wat op die plaas gebore is. Volgens Louné Mellet het hulle verlede jaar September die ram by die ooi gesit. Malan verduidelik dat alpakkas vir 11 tot 12 maande dragtig is – gelykstaande aan ‘n perdemerrie.

“Alpakkas word aangehou vir hulle besondere sagte wol. Uit die wol word komberse, truie en meer gemaak. Alpakkas word hier suksesvol aangehou omdat hulle baie tropgeoriënteerd is. Hulle is uitstekende beskermers vir lammers en kalwers. Jakkalse en ander roofdiere is bang vir alpakkas. Behalwe dat hulle kan spoeg, kap hulle ook met hulle voorpote om ongediertes skrik op die lyf te jaag.”

Also read: Petrol price hike expected on Wednesday
Malan meen dat donkiemerries dieselfde funksie verrig en ook uitstekend is om lammers en kalwers te beskerm teen roofdiere.
Laevelder se susterkoerant Steelburger/Lydenburg Nuus het Maandag met Louné gepraat om uit te vind hoe dit gaan met die klein lammetjie. Sy vertel dat die rammetjie goed aansterk. “Hy lyk soos ‘n speelding.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button