Wie kan help met ou grafte in Hectorspruit?
'n Foto op die Onderbergers Facebook groep laat almal wonder oor grafte uit vergange se dae

Die afgelope week het ons ‘n bietjie gesnuffel en gaan kyk na verlore en verlate grafte op plekke in Malalane en Hectorspruit.
LEES OOK: Ons gaan nou braai

Sommige van die grafte met dowwe geskrifte is in Rhinostraat in Malalane. Die ander is in Tweedestraat in Hectorspruit, agter die Buffel Hotel.
LEES OOK: Malalane Cricket Club reg vir aksie
Wie weet nog wie die mense was – en wat hulle agtergrond was?
Name wat ons kon uitmaak op die stene is:

• Daisy Trollip: oorlede 13/06/1927
• John Trollip: oorlede 01/04/1950
• Fred en Ronald Weile: oorlede in 1928
• Thomas Kelsall: oorlede 13/11/1942
• Martha Johanna Ackerman: gebore 22/02/1875, oorlede 20/06/1929
• B. Moolman: gebore 16/07/1878, oorlede 13/04/1929
• Johanna Francina Pretorius Botha: gebore 08/12/1893, oorlede 07/06/1944
• Anna Magrietha Aletha Potgieter: gebore 03/02/1921, oorlede 21/05/1941
• Ethel Clair Kettles: oorlede 20/09/1957
• Irene May Trollip: oorlede 22/12/1957
• Frances Raubenheimer: gebore 14/10/1897, oorlede 01/10/1949

Hier in Malalane is daar net twee grafte, wat moontlik die oorblyfsel van ‘n plaaskerkhof is. Op Hectorspruit is daar meer, moontilk in die ou dorpsbegraafplaas.

Kontak editor@corridorgazette.co.za of bel Danienne by 084-402-7145.
