Laerskool Laeveld hou familiedag
Die ouers en kinders het vanjaar hulle familiedag gate uit geniet.
Daar was hope aktiwiteite vir ouers en kinders. Ouers het rustig hulle kampstoele uitgepak en gesit en kyk hoe die kinders baljaar op die opblaas-waterglybane wat oor die rugbyveld versprei was.
Die seuns en dogters het later die oggend ‘tag’-rugby gespeel. Die seunsspan het gewen en is beloon met ‘n sakkie vol skryfbehoeftes. Teen 13:00 het die tyd aangebreek vir die ‘Amazing Race’ deur die skool.
ALSO READ: Laerskool Nelspruit se kore lewer skitterende vertoning by Sing in Harmonie buite-Gautengstreek finale
Ouers en kinders het deelgeneem en die mededingende gees was hoog, want daar was ‘n wegbreek-naweek vir vier mense op die spel.
Wilmarie du Preez, een van die ouers wat die dag bygewoon het, was verlig om te sien die weer het mooi saamgespeel. “Laas jaar het dit gereën, so ons is dankbaar vir die heerlike sonskynweer.”
Die opwindende dag is afgesluit met ‘n laaste sprong op die kastele en daar is saam met maats gespeel tot 15:00 die middag.
ALSO READ: Laerskool Laeveld hou massa-atletiek