NewsNews

Mnr. en Mej Hoërskool Lydenburg word gekroon (2019)

Pragtig, elegant en deftig. Dit was hoe die finaliste van die Mnr. en Mej. Hoërskool Lydenburg (LHS) verlede Donderdagaand die loopplank betree het tydens dié jaarlikse glansgeleentheid van die skool.

Die 2019 meisiefinaliste het asemrowend gelyk in hul formele aandrokke deur Claris by Gerrit Pienaar, bekende Suid-Afrikaanse ontwerper.Die seunsfinaliste het ewe deftig in hul pakke gelyk.

Lees meer hier: Lydenburg Hoërskool named second best in Mpumalanga province

Bennie Fourie, bekroonde akteur, het as seremoniemeester opgetree en beoordelaars soos Ronèll Joubert, Rosemarie Middleton, Francois du Plessis, Bernice Raphahleo en Jacques Lombard het dit nie maklik gehad om die wenners tussen die finaliste aan te wys nie.

Uiteindelik het die keuse op Sage Montague en Miquette Aucamp as Mnr. en Mej. LHS 2019, uit 12 finaliste, geval. Rodney Palmer en Shané Steyn was eerste prins en prinses en Ivan Scott en Janeldi de Vries is as tweede prins en prinses gekroon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button