NewsNews

Ringbal spelers neem deel aan Buffel proewe

Spelers van die Vikings-ringbalklub stof nou reeds hul skoene af vir uitdunne om te kwalifiseer vir die provinsiale aksie-ringbalspan.

Dié binnenshuise aksie-ringballiga vind elke jaar in Februarie in Pretoria plaas. Die keuringsgroep is groot en die spanne se ouderdomme wissel van 18 tot 60 jaar, en selfs ouer.

Nog ringbal nuus hier: Lydenburg ringbal maak skoonskip teen Nelspruit.

Die beste mans- en vrouespelers in elke provinsie word gekies vir die provinsiale span. Die volgende Vikings-spelers het aan die proewe deelgeneem vir die samestelling van die Limpopo Buffels-span: Bianca Wheeler, Lientjie Baxter, Chantel Lindeque, Francois Prinsloo, Zandria Wheeler, Janita van der Mescht, Henna van der Zandt en Louis van der Mescht.

Lees ook hier: Vikings ringbalklub reg vir eerste liga

Die eerste proewe het Saterdag 19 Oktober plaasgevind, en die tweede ronde proewe is op 16 November. Albei die Vikings-klub se afrigters is ook gekies as deel van die keuringskomitee vir die kies van die Limpopo Buffelspanne.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button