Local newsNews

Hande help Pro Gratia se leerlinge met terapie

Hulle moes baie kerrie en rys verkoop, maar Solidariteit Helpende Hand kon daarin slaag om verlede week 16 nuwe matte aan die Pro Gratia-leersentrum te skenk.

MBOMBELA – Solidariteit Helpende Hand se Jahnine Jacobs het verduidelik dat hul behoeftebepaling gewys het dat dié tipe matte benodig word deur die leerders wat terapie by die skool vir kinders met spesiale behoeftes ontvang.

Dis duursaam, gly nie en is maklik om skoon te hou.

Pro Gratia hoof, Andri Bester, het dankbaar gesê dat die organisasie se hande hard werk by die skool.

“Dit is nie iets waarvoor ons geld in ons begroting het nie. Dit lyk dalk soos iets klein, maar dit maak ‘n groot verskil.”

LEES OOK: Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkel open tak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button