Local newsNews

Nellies wat tegnologie bemeester kry eerste plek

Die kompetisie bied hulle die geleentheid om pret te hê met die toepassing van verskillende konsepte in hul daaglikse lewens.

Riaan Grobbelaar en Charl van Dort het Laerskool Nelspruit se naam hoog gehou by die Mpumalanga Robotics-kompetisie verlede Saterdag. Die seuns is deel van ‘n span van drie leerders wat in die kompetisie onder die vaandel van First Lego League deelgeneem het.

Hulle span se naam is “Die Sparkels” en die drie het tydens die kompetisie eerste plek behaal uit 17 spanne in die kompetisie. Die kompetisie bestaan uit vier kategorieë: projek, tegnies, kernwaardes en tafellopies. Die ouderdomsgroepe wat in aanmerking kom om mee te ding wissel van nege tot 16 jaar en die jongspan moes ook teen nege hoërskole meeding.

LEES OOK: Herinneringe van ‘n bakkery

Hulle het hul goed van die taak gekwyt en het ook ‘n algehele derde plek behaal met die kompetisie. Riaan en Charl is ook gekies om in die heel eerste First Lego League deel te neem wat 6 en 7 Desember gehou gaan word. Die besluit is gemaak na hul prestasie by die Mpumalangastreekskompetisie.

Die opwindende kompetisie bied leerders die geleentheid om regte wêreldsprobleme op te los, soos herwinning, en hulle word uitgedaag om oplossings te verskaf. Hulle moet ook ‘n robot ontwerp, bou en programmeer met LEGO MINDSTORMS, en dan op ‘n tafelbladspeelveld kompeteer.

LEES OOK: Kudu-bergfietsuitdaging samel fondse in vir Dasha

Dit bied hulle die geleentheid om pret te hê met wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskundige konsepte, asook die toepassing daarvan in hul daaglikse lewens.

Die spanne bestaan uit 10 lede van gr. vier tot agt, en hulle mag ook deur een of twee volwasse afrigters gelei word. Die eerste uitgawe van die kompetisie vind in Desember plaas en sal by die Tshwane Universiteit aangebied word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button