Local newsNews

Laeveldse karateka word beloon na oefenkamp

Drie Laeveldse karateka van New World Shotokan Karate het onlangs 'n strawwe oefenkamp in Benoni bygewoon waarna hulle suksesvol gradeer het na meer senior gordels. 

Tydens die oefenkamp, wat oor twee en ‘n half dae gestrek het, het hulle 17 ure se oefening deurgemaak.

Die oefensessies het bestaan uit kion (basiese tegnieke en kombinasies van tegnieke), kata (vasgestelde patrone van denkbeeldige gevegte teen twee of meer oponente) en natuurlik meer as genoeg kumite (gevegte).

LEES OOK: Casterbridge blom tydens orgideëskou

Dié jaarlikse oefenkamp staan as die “Vasbyt Gashuku” bekend. Graderingskandidate word deeglik beproef en voorberei vir die streng fisiese toets aan die einde van die gashuku.

Die volgende karateka het suksesvol gradeer:
• Philip Eloff (Witrivier Dojo) het gradeer na shodan, oftewel eerste swart gordel.
• Costa Hadjicosti (Witrivier Dojo) het gradeer na nidan, oftewel tweede swart gordel.
• Vincent Galaca (Hazyview Dojo) het ook gradeer na nidan.

LEES OOK: Robbies hou ‘n aktiewe vakansie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button