Local newsNews

Enorme toename in huisbrake

Met die aanbreek van die feesseisoen vind daar normaalweg ‘n toename plaas in die hoeveelheid misdade wat gepleeg word.

MBOMBELA – Volgens Callum McPherson, die gewapende reaksiebestuurder by Hi-Tech Sekuriteit, het huisbrake met 50 persent toegeneem vanaf September tot en met einde Oktober.

“Ons het oor die honderd gevalle geregistreer in Mbombela vir die twee maande.”

LEES OOK: Cell robbers terrorise mall

Huisbraak word gewoonlik gepleeg wanneer iemand opsetlik , met die medewete dat dit verkeerd is, ‘n gebou of struktuur binnegaan  met die opset om daarbinne ‘n misdaad te pleeg.

In isolasie is huisbraak alleen, sonder die opset om ‘n ander misdaad te pleeg, nie ‘n misdaad nie. As die saak egter beskadig word, kan dit op saakbeskadiging neerkom.

Huisbraak met die opset om te steel is ‘n misdaad in eie reg.  Die beskuldigde word dus in werklikheid van twee misdade aangekla, naamlik huisbraak met die opset om te steel, en diefstal.

In die praktyk is dit egter irrelevant, want vir doeleindes van strafoplegging word misdaad met die opset om te steel en diefstal as een misdaad hanteer.

LEES OOK: Morning robbery in front of FNB

Die handeling by hierdie misdaad bevat twee komponente wat bestaan uit die oopbreek en die binnetrede van ‘n gebou, en daar hoef nie fisiese skade te wees nie.

Die oopbreek bestaan uit die verwydering of verplasing van enige struikelblok wat in die weg staan om die perseel binne te tree wat deel van die struktuur vorm.

Die verskuiwing van blinders (maar nie gordyne nie) deur ‘n oop venster kan kwalifiseer as ‘n struikelblok, maar die verskuiwing van ‘n potplant doen nie.

Inbreker wil huis binnedring.

In die saak van Moroe (1981 (4) SA 897 (O)), gaan Moroe na die klaagster se huis en stoot ‘n deur wat gedeeltelik oop was, verder oop om die huis binne te gaan. Goedere ter waarde van R47,50 word gesteel na sy binnekoms. Die saak kom voor in die landdroshof en word lateraan op appel geneem. Die hof bevestig dat dit op huisbraak neerkom, want deur die deur verder oop te stoot het die dader die versperring dus verwyder.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se statistieke vir die Mbombela omgewing dui aan dat roof by residensiële persele met 54 persent toegeneem het. Daar is 20 meer insidente gerapporteer in die 2018/2019 finansiële jaar, as in die vorige periode.

LEES OOK: Hefty sentence meted out to two house robbers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button