Editor's choiceHard newsLocal newsNewsNews

Vermiste tweeling ongedeerd in ’n kas gevind

Die kinders sal nie aan die grootouers terugbesorg word nie.

LYDENBURG – ‘n Tweeling wat vir amper twee weke soek was, is Saterdag in ‘n kas by ‘n Boksburg-woning deur die span van Specialized Security Services onder leiding van Mike Bolhuis gevind.

Die kinders (5), is kort na 21:30 Saterdag gevind. Hulle moes aanvanklik na drie dae terug aan hulle grootouers besorg gewees het, maar hulle “selfaangestelde pa”, het versuim om die toesigooreenkoms na te kom. Dit het gelei tot ‘n saak van ontvoering.

Die kinders bly sedert hulle ma se dood twee jaar gelede by hulle grootouers in die dorp. Hulle ma, is in 2017 na ‘n motorongeluk oorlede. Steelburger/Lydenburg Nuus was gedurigdeur in kommunikasie met Luke Enslin, ondersoekbeampte van Bolhuis se span.

Enslin het aan die koerant vertel dat enige pogings om “die pa” te oorreed om die kinders te oorhandig, vrugteloos was. “Hy het in ‘n stadium sy selfoon afgesit. Ons het egter elke moontlike leidraad vir die opsporing van die kinders opgevolg.” Volgens Enslin was hulle die Saterdagaand by twee adresse voor nuwe inligting bekom is oor die kinders se heenkome.

“Die kinders is in ‘n kas gevind waar hulle by die Boksburgwoning versteek was.” Enslin het bevestig dat die man in hegtenis geneem is en dat die tweeling kort daarna medies ondersoek is om seker te maak dat hulle ongedeerd is. “

Dié is egter ‘n komplekse saak. ‘Die pa’ is nie die biologiese pa van die kinders nie. Hy het hulle ma ontmoet toe sy reeds swanger was en het onderneem om die kinders soos sy eie groot te maak. Na haar dood het die grootouers van die tweeling toesig geneem oor die kinders. Die man het met hulle ‘n ooreenkoms gehad dat hulle van tyd tot tyd by hom kan kuier.”

Hy meen dat dié ooreenkoms tussen die grootouers en verdagte nie wetlik van Enslin het bevestig dat die tweeling kort daarna medies ondersoek is om seker te maak dat hulle ongedeerd is.

“Die biologiese pa van die kinders het natuurlik aanspraak op hulle. Hy lewe nog en dus moet die kwessie nou uitgepluis word.”

Die kinders sal nie aan die grootouers terugbesorg word nie. Daar is onderling met maatskaplike werkers en die polisie besluit om die kinders vir eers in ‘n plek van veilige bewaring te plaas tot die kwessie oor hulle wetlike voog(de) uitgestryk is.

“Die gereg moet nou egter sy gang gaan,” verduidelik Enslin. Die dossier gaan intussen na Boksburg-Noord se SAPD oorgeplaas word waar die saak verder hanteer sal word. Omdat die misdaad en misdryf nie in Lydenburg gepleeg is nie, gaan die hofverrigtinge verder in die Boksburg se landdroshof plaasvind.

Wanneer ‘n hofbevel, skikkingsooreenkoms of selfs in dié geval, ‘n informele reëling verontagsaam word, kan ‘n saak van ontvoering geopen word.

Die verdagte verskyn binnekort in die Boksburgse landdroshof. ‘n Bepaalde datum is nog nie vasgestel nie, aangesien die dossier eers deur Boksburg SAPD in ontvangs geneem moet word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button