Beskerm jou woef teen katgriep
Die dierehospitaal het die plaaslike gemeenskap genooi om hul hondjies van onder twaalf maande oud verlede week Donderdag by die hospitaal in te ent teen slegs R199.

Die Van Wijkstraat Dierehospitaal op die hoek van Van Wijk- and Giraffestrate bied inentings teen katgriep, oftewel die parvovirus. Volgens hul kennisgewing gebeur dit hoofsaaklik omdat troeteldiereienaars dit nie kan kan bekostig
om hul hondjies in te ent nie.

LEES OOK: Die geskiedenis van ou Nelspruit se poskantoor
Die parvovirus is ‘n hoogs aansteeklike virus wat van hond tot hond versprei word deur direkte of indirekte kontak met hul ontlasting.
Entstowwe kan hierdie infeksie voorkom, maar sterftes kan in onbehandelde gevalle 91% bereik. Behandeling behels dikwels veterinêre hospitalisering.

LEES OOK: Oudag se Johnston en Roets onthou
Die dierehospitaal het die plaaslike gemeenskap genooi om hul hondjies van onder twaalf maande oud verlede week Donderdag by die hospitaal in te ent teen slegs R199.