Local newsNews

Kanniedood Dam gaan vernietig word

Dit sal gedoen word in samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW). Die dam is naby die S50. Foto's: Pathfinda

Die oorblywende deel van die Kanniedood Dam in die Nasionale Krugerwildtuin sal gesloop word weens ekologiese redes.

Ike Phaahla, woordvoerder vir die wildtuin, het verduidelik dat die park ‘n beleid vir kunsmatige watervoorsiening het wat die sluiting en verwydering van kunsmatige waterpunte moontlik maak. “Kunsmatige watergate waar water nie voorheen natuurlik voorgekom het nie, het tot talle ekologiese probleme gelei,” het hy gesê.

Die sloping sal vanaf 29 November tot 6 Desember gebeur.

“Om die veiligheid van toeriste te verseker, sal alle paaie in die nabye omgewing ook tydelik van 29 November tot 6 Desember gesluit wees.”

Die betrokke paaie is die S50-grondpad – dit sal toe wees vanaf die S50 – en die S134-aansluiting in Shingwedzi tot by die S50- en S143-aansluitings in Mooiplaas.

LEES OOK: SANParks strike successfully averted

Plofstof sal gebruik word om die struktuur te sloop, waarna die puin verwyder sal word as deel van die rehabilitasieproses wat deur die uitgebreide openbare werke-program onderneem word.

Veldwagterspanne en die brandweer-spanne van die SANW sal gereed wees om enige veldbrande wat mag ontstaan te blus. Phaahla het gesê die gebied rondom die teikenstrukture sal op die grond skoongemaak word om te verseker dat diere en mense veilig is, en dat ‘n lugvlug onmiddellik na die ontploffing na die omgewing gestuur sal word.

Phaahla het bygevoeg dat die proses oor die jare heen gedoen is om ‘n vrye vloei van visspesies in die rivier moontlik te maak. Die wildtuin het meer as 40 visspesies, en die kunsmatige oortollige damme het ‘n belemmering vir hul migrasie geword.

Die Kanniedood-damwal is in Januarie 2013 deur die vloede gebreek op die suidelike ankers van die muur, wat veroorsaak het dat die rivier ‘n nuwe kanaal geopen het. Dit het die damwal op die suidelike oewer van die Shingwedzi-rivier omseil.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Lande Willemse

Landé Willemse is a multiple-award-winning journalist and editor with more than two decades of experience across print, digital, and broadcast media. Her work, which includes photography, spans investigative reporting, sport, agriculture, tourism, political and community news, with bylines across several respected South African publications.
Back to top button