Local newsNews

Kwanyoni Lodge baljaar saam met Appel en vriende

Die hittegolf het min invloed gehad op die nagenoeg 300 mense wat Vrydag gemakietie het tot net voor middernag.

MBOMBELA – Konsertgangers is bederf met ‘n propvol eersteklasvertoning deur verskeie kunstenaars.

Appel, John Masser en Stiaan Reynierse, het die gehoor bekoor met hul fenomenale optredes by Kwanyoni Lodge.

ALSO READ: BEST OF MBOMBELA 2019

Toe die son oor die horison sak, het die skare gelangarm en gesokkie op die gras. Geen oppervlak was te ongelyk vir die entoesiastiese musiekliefhebbers nie. Appel se musikale aanbieding was die hoogtepunt van die aand. Sy interaksie met die skare was volop met die storie van sy lewe. Hy het vertel hoe hy op ‘n stadium verlam was as gevolg van absesse op sy brein. Dit het gelei daartoe dat hy die liedjie “Lei My Na die Water” geskryf het om sy vrou te eer vir haar bystand en liefde.

ALSO READ: Get swept away with Waterfall, a Forever Lodge

Ou klassieke treffers soos “Burning Ring of Fire” deur Reynierse het ook aanklank gevind by die gehoor. Masser het die aandag van die toeskouers getrek met “Sweet Southern Bell” en ‘n ou Coldplay-gunsteling, “Fix You”.

Daar was ook ‘n vark op die spit met verskeie slaaie, potbrode, pap en sheba, wat die mense se monde onwillekeurig laat water het.

Jacques Viljoen, die eieneaar van Kwanyoni Lodge, het die aand as perfek beskryf. “Alles werk, daar is genoeg sitplek vir al die mense. Ek is ongelooflik tevrede met die aantal mense wat opgedaag het. Niemand kan kla oor iets nie,” het Viljoen gesê.

Corné Koekemoer en Sunel Robinson het verklaar aan Laevelder dat hulle beslis weer sal kom. “Dit was ons eerste keer hier. Ons hou van al die kunstenaars wat opgetree het en die atmosfeer was wonderlik.”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button