AdvertorialBusinessNews

Wonderwerke en verwagting is in orde by Stemcure Clinic in Witrivier

Toegewyd, gespesialiseerd, betroubaar is die leuse van Stemcure Clinic in Witrivier

Dis die laaste Donderdag in November en die Stemcure Clinic in Witrivier is ‘n warboel van wonderwerke en verwagting.

Laevelder ontmoet eers vir Ulrich Pretorius (3). Hy het as baba ‘n suustoftekort tydens ‘n operasie ervaar en is gevolglik serebraal gestrem. Hy kon tot onlangs nie regop sit of sy geklemde handjies oopmaak nie. Sy ma, Esté, vertel dat hy dit eers na twee plasmaryke proteïnebehandelings (PRP) kon doen.

“Ulrich se oë was voorheen skeel, nou kyk hy ‘n mens reguit in die oë,” sê sy. Ulrich rig sy blik stip op die joernalis voordat hy uit sy magie uit lag.

Hy en ander sal vandag stamseloorplantings ondergaan. Pa-en-seunspan, dokters Hein en Louis van Wyk, verduidelik dat die PRP so te sê die probleem in die liggaam vind en dan ‘n “roepsein” na stamselle stuur, wat enige sel of weefsel kan vergestalt.

Laser word ook ingespan om, soos Louis dit verduidelik, die “ATP (energiefabriek) van selle te aktiveer, stimuleer groeifaktore in bloed en het ‘n anti-inflammatoriese aksie.

Dit bevorder bloed toevoer en bespoedig genesing…die kombinasie van die PRP, detoksifikasie en stamsel behandeling help om neuro-inflamasie te verminder en breinfunksie en selgroei te bevorder.”

Outistiese pasiënt, Nelmarie (19), is baie beïndruk met haar resultate. Almal voel welkom by Stemcure. “Die dokters is soos familie en altyd daar vir ons,” sê Esté.
Sy wink die dokter nader vir ‘n gebed.

Die ouers dank die Here vir die Van Wyks. Ouers se liefde vir, byvoorbeeld, hul outistiese kinders, is vir Louis merkwaardig. “Ons fokus is onder andere op die verbetering van lewenskwaliteit vir beide kinderpasiënte en hul ouers.

Hulle maak sowaar soos ‘n blom oop en ontwikkel hul eie persoonlikhede en maniertjies,” vertel hy. “Die pasiëntjies is baie meer hanteerbaar en dit vergemaklik ouers se werk… as ons net ‘n klein verbetering kan aanbring verander ons dalk hulle lewe soveel meer.” Soli Deo Gloria, lees ‘n plaatjie teen die muur.

Click on image for enlarged view

Die Van Wyks eer God vir wat hier gebeur. “Alle pasiënte word op een of ander manier deur die Here aangeraak. Om dit te sien en ervaar is die meeste werd. Dit is ‘n absolute voorreg om sulke werk vir die Here ons God te kan uitvoer.”

 


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button