Ouetehuis geniet Kersete danksy inwoners se bydraes
Rossouw sê hulle vertrou in die meerderheid op die finansiële bydrae van die dorp se inwoners.

BARBERTON – Verlede Vrydag het die bejaardes wat woonagtig is by Bob’s Ouetehuis ‘n vroeë Kersgeskenk geniet. ‘n Smullekker Kersete was vir die bejaardes deur die bestuur en inwoners voorgesit om die begin van die feestyd te verwelkom.
Die sakelui en besighede op die dorp het almal handjie bygesit om die bejaardes te ondersteun en die geleentheid was ‘n reusesukses danksy hul bydraes.
Arnie Rossouw, die voorsitter van die bekende aftreeoord, het vertel dat almal wat die geleentheid bygewoon het besonders dankbaar vir die besighede op die dorp is vir hul bystand.

LEES OOK: Die Laeveld-gemeenskap se omgee het 2019 opgesom
“Die bestuur van Bob’s Ouetehuis wil die Barbertongemeenskap hiermee bedank vir hul ondersteuning met die Kersete, sowel as hul ondersteuning gedurende die jaar,” het sy gesê.
Volgens Rossouw was die kombuispersoneel besonders behulpsaam en hulle het skouer aan die wiel gesit. Hulle het baie moeite gedoen om te verseker dat die geregte goed voorberei is.
“Hulle hulp om die verrigtinge glad te laat verloop was iets om te aanskou.”

Eckhart.
LEES OOK: Maak ‘n verskil by Bateleur se liggiefees.
“Dit was vir my wonderlik om te sien dat almal ons bygestaan het en niemand het geskroom om te help nie,” het sy bygevoeg.
Toe die oomblik aanbreek, was dit wonderlik om te sien hoe die bejaardes se oë vonkel gedurende die dag se samesyn. Kersliedere het in die agtergrond gespeel en die senior burgers het liggies gesprekke met mekaar gevoer terwyl hulle gewag het vir die disse om bedien te word.

LEES OOK: Kaptein vier 36 jaar van trotse diens in die SAPD
“Kersfees is vir ons ‘n belangrike tyd van die jaar waar ons met mekaar tyd kan saambring oor ‘n heerlike bord kos en ‘n lekker geklets om aan die gang te kom. Weer eens baie dankie aan almal in Barberton wat hande in hulle sakke gesteek het sodat ons ook ‘n lekker ete en kuier met mekaar kon geniet,” het sy afgesluit.
